Die Pompstasie

Bied aan:                                                                              

 

" Wie kan in elk geval nou klaarmaak op universiteit as jy nog tussendeur musiek maak ook?" spot die 37 jarige Wynand Winpomp (eintlik Burger). Hy het voor hy skool toe is, 'n rukkie musiek geneem, maar erken hy is dislekties wanneer dit by note kom. "Ek kan glad nie musiek lees nie en speel heeltemal op gehoor," sê Wynand. Sy debuut-CD, Te Ladida, is verlede jaar uitgereik.

"Ek het eers na skool ernstig begin musiek maak en in verskeie groepe

gespeel voor ek na my geboortegrond in Brandvlei teruggekeer het".

 Vir die wat nie weet nie - Brandvlei is tussen Calvinia en Upington.

"Ons lê so op die rand van Boesmanland." verduidelik hy.

Tussen die boerdery saam met sy pa deur het Wynand se broer 'n eetplek

op die dorp begin waarmee hy moes help. Daar is lank aan 'n naam gedink voor besluit is op "Die Windpomp".

 

"In hierdie wêreld kan jy nie op reën staatmaak nie en as daar nie water

uit die grond kom nie, kan jy nie met skaap boer nie. Windpompe is dus

baie belangrik vir ons en dis waar die naam vandaan kom," sê hy.

Wynand het weer begin sing en liedjies geskryf en is deur die mense van Noordkaap Wynand Windpomp gedoop. Voor hy hom kon kry, het hy 'n CD in die hande gehad en deesdae tree hy minstens drie keer per week op...

 

Hy is tans gevestig in Pretoria en met sy guitar sing en speel die hele land aan die brand.