|
|||||||||||
|
|
KoerantberigteJOERNAAL BYLAE TOT
VOLKSBLAD VRYDAG 26 NOVEMBER
2004- Bl. 3 Dié Windpomp bring 'n
vars bries JACO JACOBS DAAR is twee kante aan
die debat oor backtracks en "kombuismusiek", sê Wynand Burger, 'n 34-jarige
boorling van die Karoodorp Brandvlei wat deesdae onder die naam Wynand Windpomp
die land aan die brand sing met sy debuutalbum Te ladida . "Veral as jy op die
platteland speel,
"Sodra jy egter groter
gaan -as jy R20 000 of R30 000 per optrede begin vra -- moet jy vir mense waarde
gee. Dan moet jy 'n orkes betaal." Ek speel 'n bietjie
duiwelsadvokaat: Dis sekerlik maklik om 'n kunstenaar wat ligte musiek maak en
'n verhoognaam soos Wynand Windpomp gebruik te stereotipeer? Ja, sê Burger, hy is
juis omgekrap omdat sy en Gian Groen se musiek onlangs van 'n bekende
radiostasie se speellys gehaal is omdat hulle name glo "te vlak" is. "Daar's 'n
eenvoudige rede waarom ek die naam Wynand Windpomp gekies het. My CD het in
dieselfde tyd as Wynand Strydom s'n uitgekom. Ek het geweet ditsou verwarring
skep as daar twee Wynands gelyk op die musiektoneel beland. Ek het 'n restaurant
in Brandvlei, Die Windpomp, en toe ek aanvanklik begin speel, het baie plekke
sommer my naam op die plakkaat gesit as 'Wynand van Die Windpomp'." Maar sê hy, hy vat
kritiek "soos 'n T-bone -- eet die vleis en spoeg die been uit". Party kritici, soos
Mariana Malan, musiekresensent van Die Burger , is baie opgewonde oor Wynand
Windpomp. Malan skryf in 'n resensie: "Dis altyd 'n heerlike bonus as 'n album
op jou lessenaar beland en jy heeltemal onverhoeds betrap word. Die verrassing
is nog groter as jy meen dit is weer een van 'daardie' albums en jy heeltemal
verkeerd bewys word. Wynand Windpomp se album is een van hierdie lekkertes. Daar
is 'n goeie mengsel oorspronklike en reeds bekende liedjies op die album. Dit is
egter die liedjies uit die hart, soos Brandvlei en veral Bring vir my saam wat
werklik indruk maak. Wynand Windpomp bring 'n vars bries na die plaaslike
musiekmark." Anders as baie van die
nuwe Afrikaanse ligteliedjiekunstenaars skryf Burger self 'n groot deel van sy
musiek. "Baiekeer kry ek idees vir 'n liedjie as ek op diepad is en dan sit ek
dit sommer as 'n reminder op my selfoon. As ek later weer daarna kyk, begin dit
partykeer sin maak. 'n Mens moet nooit dink enige idee is simpel
nie." Hy voel daar is nog
heelwat plek vir verruiming in die Afrikaanse musiekmark -- in alle genres.
"Afrikaans is nog 'n jong mark. Dis nodig dat mense hulle minds 'n bietjie
oopmaak. Iemand soos Nianell het die regte stemkwaliteit om dit gróót te maak
oorsee -hoekom gebeur dit dan nie? Hoekom ondersteun mense haar nie méér
nie?" Hy bewonder Afrikaanse
kunstenaars soos Dozi, Theuns Jordaan, Anton Goosen en Nianell ("toevallig almal
ouens wat nie van mekaar hou nie") en Steve Hofmeyr. "Ek hou van Steve se stem
en sy gatskophouding. Hy het 'n houding wat jy Burger, 'n oud-Matie
wat 'n ruk lank 'n selferkende jack-of-all-trades was voordat hy sy nis gevind
het, toer deesdae die hele land vol en tree veral by langarmdansklubs
op. Maar ná 'n paar dae op
die pad trek sy hart weer 'n punt terug Brandvlei toe, waar hy tot rus kan kom.
En dan is hy sommer net weer Wynand van Die Windpomp. |
||||||||||
|
|
|||||||||||
| Free Web & Photo Gallery Software by PersonalWebKit | |||||||||||